
Herbruikbare, interaktiewe aktiwiteite wat jou kleuter besig hou terwyl hulle belangrike vaardighede bou
Aitsa Maatjies is ’n klein familie-besigheid wat met liefde bestuur word deur ’n mamma en haar twee tienerseuns. Wat begin het as videos en aktiwiteite vir hul klein kleuterboetie, het vinnig gegroei toe ons besef hoe moeilik dit is om goeie Afrikaanse aktiwiteite vir kleuters te kry.
Vandag skep ons oulike printables en videos wat leer eenvoudig, pret en in Afrikaans maak — alles getoets deur ons eie klein maatjie.
Aktiwiteitsboek
|
Price: |
R 380.00 |
|
{{variant.name}}:
|
{{opt.name}}
{{opt.name}}
|
Hierdie Aitsa Maatjies aktiwiteitsboek is ontwerp om kleuters op ’n speelse en praktiese manier te help ontwikkel deur ’n verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite wat fokus op taal, wiskunde, probleemoplossing en fyn motoriese vaardighede. Met behulp van velcro, witbordmerkers en klei kry kinders die geleentheid om oor en oor te leer deur te doen, te voel en te ontdek. Hierdie handleiding dien as ’n gids vir ouers om elke aktiwiteit doelgerig aan te bied, terwyl dit ook kreatiewe idees bied om leer verder uit te brei na alledaagse situasies. Onthou, elke kind ontwikkel teen hul eie tempo—die fokus is nie op perfeksie nie, maar op betrokkenheid, ontdekking en die bou van selfvertroue deur speel.