
Herbruikbare, interaktiewe aktiwiteite wat jou kleuter besig hou terwyl hulle belangrike vaardighede bou
Aitsa Maatjies is ’n klein familie-besigheid wat met liefde bestuur word deur ’n mamma en haar twee tienerseuns. Wat begin het as videos en aktiwiteite vir hul klein kleuterboetie, het vinnig gegroei toe ons besef hoe moeilik dit is om goeie Afrikaanse aktiwiteite vir kleuters te kry.
Vandag skep ons oulike printables en videos wat leer eenvoudig, pret en in Afrikaans maak — alles getoets deur ons eie klein maatjie.